
Die polisie het inwoners gewaarsku om hulle vuurwapens ten alle tye veilig te hou.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die diefstal van vuurwapens onlangs in die stad erger geword.
“Vuurwapens moet altyd in die kluis toegesluit wees,” het hy gesê.
Hy het die gemeenskap gemaan om meer versigtig op te tree met hulle vuurwapens omdat dit nie in die verkeerde hande moet eindig nie.
“As misdadigers meer vuurwapens in die hande kry dan gaan dit probleme vir almal veroorsaak. Moenie vuurwapens onder kussings of op bedkassies los nie. Dit word maklik gesteel,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



