NewsNews

NWU akademici vir plagiaat ondersoek

Elf akademici van die Noordwes-Universiteit (NWU) word ondersoek oor beweerde plagiaat.

Elf akademici van die Noordwes-Universiteit (NWU) word ondersoek oor beweerde plagiaat.
City Press het onlangs berig dat dié akademici, onder wie doktors en professore, by die raad op Hoër Onderwys aangegee is omdat hulle na bewering in navorsingsartikels plagiaat gepleeg het.
Volgens die berig is die meeste aan die fakulteit natuur en landbouwetenskappe verbonde.
Die Herald het intussen vertroulik verneem dat al elf akademici aan die Mafikeng-kampus verbonde is, waarvan een ’n senior bestuurspos by dié kampus het.
Die Raad op Hoër Onderwys het die saak op 10 Mei vanjaar na die universiteit verwys omdat dit ’n interne aangeleentheid is wat deur die universiteit self ondersoek moet word.
Volgens Louis Jacobs, NWU woordvoerder, is die ondersoek nog aan die gang.
“Ons neem aantygings oor plagiaat baie ernstig op. Omdat ons dit so deeglik as moontlik wil ondersoek, gaan dit tyd neem.
Dit is ’n baie tegniese proses en daar is massas dokumente om na te gaan,” het hy gesê. Die departement van hoër onderwys en opleiding gee ’n toelaag van R120 000 aan universiteite vir elke navorsingsartikel wat in joernale of boeke publiseer word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button