‘Onverwagse’ eersteplek in Afrikaans vir HTS se Matras
HTS Potchefstroom het weer eens bewys dat hulle Afrikaans onder leiding van Marieta Basson van topgehalte is, met vyf van hulle leerders wat in die top 20 in ‘n onlangse provinsiale Afrikaanse Olimpiade vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal geëindig het. Die juweel in hierdie groep was Richoline Matras wat nommer een in Noordwes behaal het …
HTS Potchefstroom het weer eens bewys dat hulle Afrikaans onder leiding van Marieta Basson van topgehalte is, met vyf van hulle leerders wat in die top 20 in ‘n onlangse provinsiale Afrikaanse Olimpiade vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal geëindig het.
Die juweel in hierdie groep was Richoline Matras wat nommer een in Noordwes behaal het met haar flink taalbegrip en taalgebruik. Hierdie matriekleerder het sodoende R1 000 prysgeld behaal en met ‘n breë glimlag vir Potchefstroom Herald vertel waarom sy ‘n liefde vir Afrikaans het.
“Kyk ek het in ‘n Afrikaanse huis grootgeword en dit was nog altyd my taal. Om die prys te wen was eintlik baie onverwags, maar ek is baie bly daaroor en my gesin het omtrent op en af gespring,” sê Richoline, wat se gunsteling Afrikaanse woord “onaanvaarbaar” is.

Zanele Damanyet, Reabetswe Mokgoro (albei 19de), Onalenna Oliphant (18de) en Simonique Onverwacht (7de) is die HTS leerders wie die top 20 in Noordwes behaal het.
In totaal het 18 leerlinge van HTS aan dié Olimpiade deelgeneem.



