NewsNews

Bejaardes benodig hulp van gemeenskap

Ons Hulde, een van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie se tehuise vir bejaardes, benodig dringend hulp. Baie van die inwoners van Ons Hulde kom van Witrand hospitaal en het geen familie om hulle geldelik te help nie. Al wat Ons Hulde van meeste van die inwoners kry is hul pensioen en subsidie van die staat. Daar is egter steeds ’n tekort van tussen R3 500 tot R4 000 per inwoner om aan hul basiese behoeftes te voorsien.

Ons Hulde, een van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie se tehuise vir bejaardes, benodig dringend hulp.
Baie van die inwoners van Ons Hulde kom van Witrand hospitaal en het geen familie om hulle geldelik te help nie.
Al wat Ons Hulde van meeste van die inwoners kry is hul pensioen en subsidie van die staat. Daar is egter steeds ’n tekort van tussen R3 500 tot R4 000 per inwoner om aan hul basiese behoeftes te voorsien.

“Ons ly ’n verlies van R70 000 per maand,” sê Miriana de Villiers, bestuurder van Ons Hulde.

De Villiers sê hoewel hulle nie die enigste ouetehuis is wat swaarkry nie, hulle van die armste bejaardes het.
Iemand wat elke maand net R100 bydra sal reeds ’n verskil maak,” sê sy.

Ons Hulde het op die oomblik veral ’n groot probleem met doeke. “Die departement gee net 14 doeke per pasiënt per maand. Dis nie eers ’n doek per dag nie,” sê sy. ’n Pasiënt het 3 tot 5 doeke per dag nodig.

Hulle het dus skenkers nodig om by te dra tot hulle doeke-fonds. Van die privaatpasiënte se families voorsien hulle van doeke, maar die pasiënte van Witrand kry geen buite-ondersteuning nie. “Een van ons Witrand pasiënte, Johnny, kry maar R30 per maand sakgeld en hieruit moet hy sy sigarette en lekkergoed koop,” sê De Villiers. Dis hoe min hierdie mense kry, omdat hul toelae bestee moet word op basiese behoeftes soos doeke.

“Ons nooi mense om meer betrokke te raak en te help om hierdie inwoners se lewens makliker te maak.” Ons Hulde het tans oop kamers en mense is welkom om ’n afspraak te maak met De Villiers om meer uit te vind oor die geriewe wat hulle bied. Die SAVF het ’n Facebookblad en ’n webtuiste waarop meer inligting gekry kan word. Stuur ’n e-pos na onshulde.ontvangs@savf.co.za of skakel 018 297 5260.

'n Gelukkige bejaarde kry 'n hand-massering.
‘n Gelukkige bejaarde kry ‘n hand-massering.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button