NewsNews

Pukkie reg vir sterstatus

‘n Jong akteur/sanger van Potchefstroom is slaggereed om sterstatus tydens die Aardklop Kunstefees te behaal. Llewelyn Steenkamp is te sien in die kabaret, Hoffie, wat deel is van die Deurnis-projek. Deurnis behels die opspraakwekkende 1:1 konsep waar een akteur vir net een gehoorlid speel. Hoffie vorm deel van Pakket 2 van dié projek. Steenkamp wat …

‘n Jong akteur/sanger van Potchefstroom is slaggereed om sterstatus tydens die Aardklop Kunstefees te behaal.
Llewelyn Steenkamp is te sien in die kabaret, Hoffie, wat deel is van die Deurnis-projek.
Deurnis behels die opspraakwekkende 1:1 konsep waar een akteur vir net een gehoorlid speel. Hoffie vorm deel van Pakket 2 van dié projek.
Steenkamp wat kommunikasiekunde aan die PUK studeer, se vertoning in Hoffie is deur teaterkundiges wat van sy repetisies gesien het, beskryf as Freddy Mercury meets Broadway. Hulle was veral gaande oor sy alsydigheid as sanger en akteur.
Die teks en musiek vir Hoffie wat oor die oordele en vooroordele van die gemeenskap handel, is deur die bekroonde dramaturg, Johann Smith, geskryf. Smith skryf ook vir Sewende Laan. Steenkamp is ‘n HK lid van Patria Manskoshuis op die Puk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button