
Kort nadat die polisie inwoners gewaarsku het teen die diefstal van Polo voertuie, blyk dit nou dat Hilux bakkies ook geteiken word.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is drie voorvalle van voertuigdiefstal oor die naweek by die polisie aangemeld. In al drie voorvalle is Hilux bakkies gesteel, of by ingebreek, het Manyoba gesê. Dit lyk nie of die diefstal in ’n spesifieke gebied voorkom nie. Voorvalle is op die Vyfhoek-kleinhoewes, Walter Sisululaan en in Kampstraat aangemeld. In al drie voorvalle is die voertuie uit die erf gesteel.
Manyoba het inwoners gemaan om seker te maak dat alle hekke in die aand gesluit word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



