NewsNews

Aardklop wag nog vir munisipaliteit se bydrae

Die JB Marks munisipaliteit waarvan Potchefstroom deel vorm het tot dusvêr glo nie ʼn ooreenkoms om ʼn bydrae tot Aardklop te maak nagekom nie.

Die JB Marks munisipaliteit waarvan Potchefstroom deel vorm het tot dusvêr glo nie ʼn ooreenkoms om ʼn bydrae tot Aardklop te maak nagekom nie.

Volgens Hans Jurie Moolman, DA koukusvoorsitter, is dit onaanvaarbaar dat die munisipaliteit komplementêre kaartjies aan politieke partye uitdeel, sonder dat hulle hul verbintenis tot die fees nagekom het nie.

“Die DA sal die fees heelhartig ondersteun, maar ons sal nie van hierdie komplementêre kaartjies gebruik maak nie. Die DA beskou die gebruik van die kaartjies as ‘n misbruikmaking van die gasvryheid van die Aardklop-komitee en ons moedig ander politieke partye, insluitend die ANC, aan om die DA hierin na te volg,” het Moolman gesê.

Die DA sê in  ʼn verklaring dat Aardklop verantwoordelik is vir miljoene rand wat in ons omgewing bestee word.

“Besighede wat gewoonlik tydens universiteitsvakansies swaarkry, gryp die geleentheid om hul omset te verhoog en addisionele werksgeleenthede te skep oor die tydperk van die fees,” het Moolman gesê.

“Die DA kry skaam vir ons raad en die raadslede wat bewus is van die bydrae wat nog nie gegee is nie, maar  steeds die komplimentêre kaartjies gebruik.

“Ons sal steeds die fees bywoon en ondersteun, maar self betaal vir ons ingang. Ons bedank Aardklop vir nog ‘n suksesvolle fees waardeur ons ekonomie versterk word, addisionele werksgeleenthede geskep word en om Potchefstroom te help groei,” lui die verklaring.

Die Herald het vanoggend navrae gerig aan die munisipaliteit wat nog nie beantwoord is nie.

Lees volgend week se Herald vir meer oor dié storie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button