NewsNews

Bande brand by weermag

Aardklop-feesgangers se oë het gerek toe daar Dinsdagmiddag omstreeks 18:00 ’n swart rookwolk oor die terrein gehang het.

Aardklop-feesgangers se oë het gerek toe daar Dinsdagmiddag omstreeks 18:00 ’n swart rookwolk oor die terrein gehang het.


Dit was die gevolg van ’n hoop ou bande wat by die weermagbasis aan die brand geraak het. Die basis is beveilig en die brandweer is ontbied, wat die brand binne ’n uur onder beheer gebring het. Hulle kon keer dat dit na omliggende geboue versprei. Daar word vermoed dat die brand deur ’n veldbrand veroorsaak is. Met die Herald se aankoms op die toneel was die veld in die gebied swart gebrand en dit het op sekere plekke nog gerook. Die militêre polisie het die Herald van die toneel verjaag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button