NewsNews

Rowers rand vrou aan in Bailliepark

Rowers het ’n vrou tydens ’n rooftog in Bailliepark aangerand.

Rowers het ’n vrou tydens ’n rooftog in Bailliepark aangerand.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is die vrou en haar kêrel deur drie mans in hulle woonstel in Inyangastraat wakker gemaak.
“Een van die verdagtes het die man uit die bed gesleep terwyl die ander hom met ’n vuurwapen gedreig het,” het Manyoba gesê.
Die mans het die man en vrou met skoenveters vasgemaak en komberse oor hulle koppe gegooi.
Volgens Botes Botha van CB Sekuriteit is hulle deur bure geskakel oor ’n vrou wat om hulp geskree het.
Hulle het die polisie in kennis gestel en na die toneel gejaag, waar hulle bevestig het dat by die woonstel ingebreek is.
Met hul aankoms was die vrou reeds op pad hospitaal toe.
Volgens Manyoba het die rowers met ’n voertuig en verskeie elektroniese toestelle gevlug.
Die voertuig is later verlate naby Vereeniging gevind.

CSS, Crime ad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button