NewsNews

Gimmie matriekseun neem ouma na sy matriekafskeid!

‘n Matriekseun het die koppe behoorlik laat draai toe hy sy ouma as matriekafskeid-maat gekies het. Waldouw Smit van Gimmies het besluit om uit dankbaarheid vir alles wat sy oupa en ouma al vir hom beteken het, haar na sy matriekafskeid saam te neem. Waldouw en ouma Yvonne het ’n staande toejuiging gekry toe hulle …

‘n Matriekseun het die koppe behoorlik laat draai toe hy sy ouma as matriekafskeid-maat gekies het.
Waldouw Smit van Gimmies het besluit om uit dankbaarheid vir alles wat sy oupa en ouma al vir hom beteken het, haar na sy matriekafskeid saam te neem. Waldouw en ouma Yvonne het ’n staande toejuiging gekry toe hulle in ’n 1970 Mazda De Lux, wat reeds vier geslagte in die familie is, by Gimmies se sportveld opgedaag het. Die matriekafskeid is voorafgegaan deur ’n geleentheid op die rugbyveld waar die paartjies hulself en die voertuie waarin hulle gery het, kom wys het.
Op die nommerplaat van die Mazda was die woorde: “Ouma en Kleinseun”.
Sover die Herald weet is dit die eerste keer, ten minste in Potchefstroom, dat ’n seun sy ouma na ’n matriekafskeid geneem het.
Waldouw was verlede jaar die nommer een o.17-spiesgooier in die wêreld en gaan aanstaande jaar aan die NWU studeer waar die bekende afrigter Tersius Liebenberg, hom onder hande gaan neem. Waldouw is vir agt jaar deur sy oupa Koos afgerig.

Kyk die foto’s hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button