SportSport

Netbal sprokieseinde nie vir NWU-Pukke en Dot beskore

Net drie punte het tussen ‘n sprokieseinde vir NWU-Pukke se Varsity Netbalspan en hulle afrigter, Dorette Badenhorst gestaan, maar ongelukkig vir die Potchefstromers was Tukkies net een stap voor in Maandagaand se 43-41 Varsity Netbal-eindstryd oorwinning in Pretoria. NWU-Pukke kon dit drie agtereenvolgende Varsity Netbaltitels maak, maar moes vanjaar in ‘n herhaling van verlede jaar …

Net drie punte het tussen ‘n sprokieseinde vir NWU-Pukke se Varsity Netbalspan en hulle afrigter, Dorette Badenhorst gestaan, maar ongelukkig vir die Potchefstromers was Tukkies net een stap voor in Maandagaand se 43-41 Varsity Netbal-eindstryd oorwinning in Pretoria.
NWU-Pukke kon dit drie agtereenvolgende Varsity Netbaltitels maak, maar moes vanjaar in ‘n herhaling van verlede jaar se finaal teen Jenny van Dyk se Tuksspan swyg, wat vir die eerste keer in hulle geskiedenis dié titel wen. Sodoende is Tukkies nou die derde universiteit na Kovsies en NWU-Pukke om die Varsity Netbal-trofee te buit.

In Maandagaand se eindstryd was verdediging die wagwoord gewees en albei spanne se verdedigers kan tevrede na hulle verrigtinge op die baan terugkyk. NWU-Pukke se Monique Reyneke, Simoné Rabie en Zandré Erasmus sowel as Tukkies se Shadine van der Merwe, Jasmine Ziegelmeier en Lungile Mthembu het uitstekende wedstryde gehad.

Die groot verskil was dat Tukkies meer van hulle geleenthede gebruik gemaak het en in die tweede kwart die Powerplay ten volle benut het. Die tuisspan het ook geen ekstra motivering nodig gehad nie, veral nadat hulle verlede jaar op dieselfde baan verloor het. Hierdie keer het Tukkies die belangrike oomblikke aangegryp en seker gemaak dat hulle die span is wat feesvier.

Foto’s: Asem Engage/Varsity Sports

“Alle glorie aan God. Dit was fantasties hoe ons gespeel het en ons alles gegee het. Nou wil ons net op hierdie oorwinning voortbou,” het ‘n stralende Jenny van Dyk, Tukkies se afrigter, genoem. “Geluk aan Tuks en hulle oorwinning. Ek is steeds trots op my span. Almal het hul beste gegee en daar wag ‘n groot toekoms vir ons spelers. Ons kon nie al ons geleenthede gebruik nie. Netbal was die groot wenner in die eindstryd,” het Dorette na haar laaste wedstryd genoem.

Sport

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button