NewsNews

Nog 20 oor naweek in hegtenis oor dwelms

Nog sowat 20 mense is tussen Vrydag 17 November en Maandag 20 November op ’n aanklag van besit van onwettige dwelms in hegtenis geneem.

Nog sowat 20 mense is tussen Vrydag 17 November en Maandag 20 November op ’n aanklag van besit van onwettige dwelms in hegtenis geneem.
Dit bring die totaal van mense wat oor die laaste drie weke vir dwelms in hegtenis geneem is op ongeveer 60 te staan.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, is die meeste van die mense met harde dwelms gevang.
Die area waar die meeste vasgetrek is is in Walter Sisulustraat. Dit is die straat waarin die Wandellaan is.
In een saak is ’n man en vrou in hegtenis geneem nadat daar glo sowat R85 000 se dwelms in hulle besit gevind is.
Na wat die Herald verneem het 33 van die 38 sake wat Maandag 20 November op die hofrol geplaas is verband gehou met dwelmverwante misdrywe.
Dit is glo nou reeds ’n neiging dat die meerderheid sake dwelmverwant is.
Kol. Marilette Myburgh, waarnemende stasiebevelvoerder, het die betrokke polisielede bedank vir hulle harde werk en pligsgetrouheid.
Volgens Chaka werk hulle onverpoos om van dwelms in Potchefstroom ontslae te raak.
“Ons is ook warm op die spoor van diegene wat dwelms verkoop,” het hy gesê.

CSS, Crime ad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button