NewsNews

60 jaar van genade

Rina en Martin Pienaar vier vandag hul 60ste huweliksjaar. Hulle is op 14 Desember 1957 getroud en onthou dié dag nog baie goed. Nie net is hierdie paartjie reeds 60 jaar getroud nie, maar hulle woon reeds 57 jaar in Potchefstroom. Rina onthou steeds hoe dit in 1965 gesneeu het in Potch en haar man …

Rina en Martin Pienaar vier vandag hul 60ste huweliksjaar. Hulle is op 14 Desember 1957 getroud en onthou dié dag nog baie goed.
Nie net is hierdie paartjie reeds 60 jaar getroud nie, maar hulle woon reeds 57 jaar in Potchefstroom. Rina onthou steeds hoe dit in 1965 gesneeu het in Potch en haar man met sy weermagjas moes uithardloop in die bibberende koue om na Olifantsfontein te reis om sy lisensie as elektrisiën te gaan skryf.

Martin en Rina Pienaar vier vandag hul 60ste huweliksjaar. Foto: Maryke van Heerden

Rina was die eerste sekretaresse by die Statistiek-afdeling van die Noordwes-Universiteit en het 12 jaar daar gewerk. Martin was vir 17 jaar hoof van Elektriese Dienste, ook aan die NWU (destyds bekend as die Puk). Martin beskryf hul huwelik as ‘n genade van Bo.
Rina sê daar is nie regtig ‘n geheim aan hul huwelik nie, maar net dat harde werk en bystand aan jou geliefde die tyd deurstaan.Die Pienaars is ook geseën met drie kinders, twee seuns en ‘n dogter, asook vyf kleinkinders en twee agterkleinkinders. Met die vraag oor hoe hulle ontmoet het, antwoord Martin dat Rina destyds op die grondvloer van die Sanlam-gebou gewerk het.
Hy het oorkant die straat gewerk en elke dag vir haar deur die ruit gesien en probeer ogies maak. “Naderhand het ek ‘n vriendin van my gevra wat saam met Rina gewerk het, om namens my ogies te maak, en hier is ons nou, 60 jaar later,” sê hy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button