NewsNews

NG Welsyn Potch sê dankie

NG Welsyn wil elke Potchefstromer hartlik bedank vir hul betrokkenheid en ondersteuning gedurende 2017. “Elke skenking, hetsy klere, komberse, kruideniersware of jou tyd, hèt iemand se las help verlig! “Ons kon 103 kospakkies koop, 249 etes en klere aan 137 individue/gesinne voorsien. “Dit was ‘n bedrywige 2017. Sommer vroeg in die jaar het ons afgeskop …

NG Welsyn wil elke Potchefstromer hartlik bedank vir hul betrokkenheid en ondersteuning gedurende 2017.
“Elke skenking, hetsy klere, komberse, kruideniersware of jou tyd, hèt iemand se las help verlig!
“Ons kon 103 kospakkies koop, 249 etes en klere aan 137 individue/gesinne voorsien.
“Dit was ‘n bedrywige 2017. Sommer vroeg in die jaar het ons afgeskop met die nasionale Tekkie Tax-veldtog.
“Baie dankie aan elke individu, gesin, skool of besigheid wat deelgeneem het! ‘n Spesiale dankie aan Promosa Primêre skool vir die inisiatief wat van julle kant af gekom het, ons waardeer! Die fondse wat ingesamel is, word aangewend vir kospakkies aan gesinne of om kinders te ondersteun op welke manier nodig mag wees.

NG Welsyn Potchefstroom sê dankie vir al die ondersteuning deur die jaar.

“Stoepstories met ds. Fanus Hansen as storieverteller was ook ‘n besliste hoogtepunt. Die NG-gemeentes, AGS en Gereformeerde Kerke vir julle ondersteuning en aan elkeen wat die geleentheid bygewoon en ondersteun het, baie dankie.
“Ons het die aand R80 000 wins gemaak en dit word aangewend vir hoofsaaklik assessering en terapie aan kinders. Lizz Meiring was vanjaar se gasspreker by die Bederfoggend wat op 6 September gehou is. “Spesiale dank aan Alta Avenant van Mooirivier Makelaars, reeds vir jare al die hoofborg. Dan ook groot waardering vir Crista Galli vir die venue en heerlike kos, Printing Things wat al vir jare ons kaartjies borg, MSM Produksies vir die klank en beligting, August Photography vir die foto’s en dan A & E Verhurings en The Light House vir die dekor.
“NGW wil elkeen bedank vir die kruideniersware wat geskenk is. ‘n Spesiale woord van dank aan Mooirivier NG kerk en AGS Miederpark. Die bydrae stel ons in staat om 20 gesinne van kos te voorsien gedurende die Kerstyd.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button