NewsNews
Man dreig koerantverkoper met mes en hammer
ʼn Koerantverkoper van die Potchefstroom Herald is vanoggend (14 Desember) omstreeks 10:30 met ʼn mes en ʼn hammer buite Miederpark Spar gedreig en beroof. Die verdagte het ʼn pak koerante ter waarde van R300 by die koerantverkoper gesteel. Mooirivier Beskerming se reaksiespan het die verdagte vasgetrek en gearresteer. Daar is ook ander vermoedelik gesteelde goedere …
ʼn Koerantverkoper van die Potchefstroom Herald is vanoggend (14 Desember) omstreeks 10:30 met ʼn mes en ʼn hammer buite Miederpark Spar gedreig en beroof. Die verdagte het ʼn pak koerante ter waarde van R300 by die koerantverkoper gesteel.
Mooirivier Beskerming se reaksiespan het die verdagte vasgetrek en gearresteer. Daar is ook ander vermoedelik gesteelde goedere by die verdagte gevind. Die polisie was ook op die toneel.
*Hou die Herald se webtuiste dop vir enige verdere verwikkelinge.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



