NewsNews

Top 5 Webstories van die jaar

Die Herald se top 5 mees gelese stories van 2017 op die webblad is baie interessant, dit was nie net sogenaamde “harde nuus” of dan (dikwels) slegte nuus nie. 5. Een dood na Louwstraat aanval Die gru-aanval op ’n bejaarde egpaar in Louwstraat het die gemeenskap behoorlik geruk. Adriaan “Boeta” Smit en sy vrou Lily, …

Die Herald se top 5 mees gelese stories van 2017 op die webblad is baie interessant, dit was nie net sogenaamde “harde nuus” of dan (dikwels) slegte nuus nie.

5. Een dood na Louwstraat aanval

Die gru-aanval op ’n bejaarde egpaar in Louwstraat het die gemeenskap behoorlik geruk. Adriaan “Boeta” Smit en sy vrou Lily, is by hulle huis deur ’n man met ’n pyp oorval. Boeta is kort na die aanval dood en Lily is in ’n kritieke toestand hospitaal toe geneem. Die artikel is teen 7 Desember 13 999 keer gesien.

Lees die artikel hier.

4. Motorfietse brul teen plaasaanvalle

Motorfietsryers het in Augustus vanjaar op Hartebeespoortdam toegesak in protes teen plaasaanvalle. Die artikel is 23 312 keer gesien. Hoewel die artikel oor ’n vorige geleentheid gegaan het, het dit baie aandag begin trek kort voor die landwye Swart Maandag protesaksie teen plaasmoorde.

Lees die artikel hier.

3. Gimmie matriekseun neem ouma na sy matriekafskeid!

Soos gesê was dit nie net die harde nuus wat opslae gemaak het nie.
‘n Matriekseun wat sy ouma as matriekafskeid-maat gekies het, het selfs nasionale nuus gehaal.
Waldouw Smit en ouma Yvonne het ’n staande toejuiging gekry toe hulle in ’n 1970 Mazda De Lux, wat reeds vier geslagte in die familie is, by Gimmies se sportveld opgedaag het. Die berig is 33 937 keer gesien.

Lees die artikel hier.

2. ‘Ek wil sien hoe jy ly’, sê verkragter

’n Vrou wat na bewering in die oggendure op die Bult deur ’n karwag verkrag is, het die gemeenskap geskok. Veral nadat die man glo vir die vrou gesê het, “ek wil sien hoe jy ly” en “Dit is wat ons met julle wit meisies gaan doen”
Die berig is 36 142 keer op die webtuiste gelees.

Lees die artikel hier.

1. Vermeende plaasaanvallers werk vir polisie

Mense in die hele provinsie het gegons oor die artikel nadat dit bevestig is dat een van die mans wat glo betrokke was by ’n plaasaanval in Coligny ’n administratiewe klerk in diens van die Madibogo-polisiestasie is.
Peet Nortjè (67) is op sy plaas in Coligny deur twee mans aangeval en aangerand. Omstreeks 16:47 op 15 Julie het vier verdagtes twee van die plaaswerkers oorval en in ’n kantoor vasgebind. Daarna het hulle Nortjé in die huis gedwing en aangerand. “Die polisie moet nou al in hul eie geledere soek na verdagtes. Hoe moet die publiek weet wie wolf en wie skaapwagter is? Dit word ‘n ál groter prioriteit vir gemeenskappe om hulself te beveilig,” het Ian Cameron, hoof van Gemeenskapsveiligheid by AfriForum gesê.
Die berig is 64 880 keer gelees.

Lees die artikel hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button