Vrou verkrag naby Boskop dam
‘n Vrou is Saterdag 16 Desember in haar huis by die Naturama-afdraai na Boskop dam verkrag. Volgens ‘n woordvoerder van die Potchefstroomse polisie, ao. Mpho Manyobe, het die vrou Saterdagoggend omstreeks 03:10 langs haar suster se gestremde seun geslaap toe sy iemand met ‘n selfoonliggie in haar huis sien. Die man het haar met ‘n …
‘n Vrou is Saterdag 16 Desember in haar huis by die Naturama-afdraai na Boskop dam verkrag.
Volgens ‘n woordvoerder van die Potchefstroomse polisie, ao. Mpho Manyobe, het die vrou Saterdagoggend omstreeks 03:10 langs haar suster se gestremde seun geslaap toe sy iemand met ‘n selfoonliggie in haar huis sien.

Die man het haar met ‘n skerp voorwerp gedreig en gesĂȘ sy moet haarself ontklee. Daarna het hy saam met haar in die bed geklim, en haar die eerste keer verkrag. Hy het haar toe onsedelik aangerand waarna hy haar ‘n tweede keer verkrag het.
Die vrou het twee klagtes van verkragting sowel as ‘n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer by die polisie gelĂȘ. Die polisie is besig om die saak te ondersoek.




