NewsNews

Polisie maan die publiek oor hierdie belangrike sake

Die polisie in Potchefstroom het inwoners gemaan om die regte prosedure te volg wanneer hulle vuurwapens erf.

Die polisie in Potchefstroom het inwoners gemaan om die regte prosedure te volg wanneer hulle vuurwapens erf.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, is daar baie mense wat bloot net die vuurwapens hou sonder om vir ‘n vuurwapenlisensie aansoek te doen.
“Wanneer die persoon wat die oorspronklike lisensie gehad het oorlede is, moet die familielid wat die vuurwapen wil hê, vir ’n lisensie aansoek doen,” het hy gesê.
As niemand die vuurwapen wil hê nie, moet dit volgens hom by die polisiestasie ingehandig word, waar dit veilig gedeaktiveer of vernietig sal word.
Chaka het inwoners ook gewaarsku teen die toename van die diefstal van motorfietse in Potchefstroom.
“Inwoners moet sover moontlik veral motorfietse en bromponies veilig agter geslote motorhuisdeure hou,” het hy gesê.
Dit blyk dat daar ’n tendens ontwikkel van mense wat sleepwaens huur, maar dan nooit terugbesorg nie.
Hy het gevra dat mense wat sleepwaens verhuur, die volledige persoonlike besonderhede kry van diegene wat dit by hulle huur.
“Iemand wat nie ’n sleepwa terugbring nie, sal van diefstal aangekla word.
“As die verhuurder al die nodige dokumentasie soos ID, ensovoorts het, vergemaklik dit die polisie se taak om die betrokke persoon op te spoor,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button