NewsNews

Polisieman vermoor

Die lyk van 'n 23 jarige polisieman is gisteraand (5 Februarie) omstreeks 21:30 in Roosheuwel in Klerksdorp gevind.

Die lyk van ‘n 23 jarige polisieman is gisteraand (5 Februarie) omstreeks 21:30 in Roosheuwel in Klerksdorp gevind.

Volgens lt. kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, het ‘n motoris die lyk in die pad gesien. Met die polisie se aankoms het hulle veelvuldige steekwonde aan die man se lyf gesien.

“Die omstandighede rondom die moord is nog onbekend maar ‘n saak van moord word ondersoek,” het Myburgh in ‘n verklaring gesê.

Die polisie het gevra dat enige iemand wat informasie het vir lt. kol. Alex Lebodi by 082 338 1076/018 4645051 of ao Tarina Kemp: 076 790 6876 skakel.

  1. gen. Baile Motswenyane, provinsiale kommissaris het die voorval ten sterkste veroordeel.

“Ons speurders sal nie ophou werk tot die wat verantwoordelik is gevang word nie,” het sy gesê.

Sy het haar meegevoel met die beampte se familie, vriende en kollegas gedeel.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button