NewsNews

Twee vas na rooftog met ‘windbuks’-pistool

Twee verdagtes is Dinsdagaand omstreeks 21:00 in hegtenis geneem nadat twee rooftogte Maandagaand met ‘n “windbuks”-pistool op die Bult uitgevoer is.

Twee verdagtes is Dinsdagaand omstreeks 21:00 in hegtenis geneem nadat twee rooftogte Maandagaand met ‘n “windbuks”-pistool op die Bult uitgevoer is.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die eerste rooftog omstreeks 20:45 in Gerrit Dekkerstraat plaasgevind. Verdagtes in ’n wit voertuig het die slagoffer in die straat genader, waarna die passasier hom met ’n “vuurwapen” gedreig het. Hy is van sy selfoon en rugsak beroof en is geskiet voordat die verdagtes gevlug het.


Die slagoffer het toe besef dat die vuurwapen net ‘n gas- of lugaangedrewe pistool was omdat dit slegs ‘n kneusplek gelaat het.
Later dieselfde aand, omstreeks 22:30, is ‘n man op pad na sy woonstel in Steve Bikostraat ook deur twee mans in ‘n wit voertuig genader. Die passasier het die man vir padaanwysings gevra en daarna of hy sy selfoon kan leen. Hy het geweier waarna die passasier hom met ‘n vuurwapen gedreig het.
Volgens Manyoba word twee sake van gewapende roof ondersoek. Sy sê al was dit nie ’n volwaardige vuurwapen nie, het die slagoffers dit nie geweet nie en daarom is dit net so goed soos om ‘n regte vuurwapen op iemand te rig.
Die twee verdagtes het Donderdag in die hof verskyn op aanklag van gewapnde roof. Michael Cassim(21) en Riaagat Khan (26) bly in aanhouding. Die saak is uitgestel na Maandag 19 Februarie vir formele borgaansoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button