NewsNews

‘Een trek jou aandag af terwyl die ander steel’

“Maak seker jou voertuig se deure is gesluit en moenie vir vreemdelinge oopsluit nie”, sê kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder.

“Maak seker jou voertuig se deure is gesluit en moenie vir vreemdelinge oopsluit nie”, sê kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder.
Dit volg nadat daar Vrydag 2 Maart omstreeks 12:00 weer met ’n bekende modus operandi diefstal uit ’n voertuig aan die polisie gerapporteer is.
“Een verdagte trek jou aandag af terwyl die ander die deur oopruk om iets soos ’n handsak of selfoon te gryp,” sê Chaka.
Die jongste voorval het in Walter Sisulurylaan plaasgevind. Volgens Chaka het ’n vrou haar voertuig in die straat parkeer waar sy vir haar kêrel gewag het. Volgens hom het ’n man verbygeloop, die deur oopgemaak en dit daarna weer dadelik toegeslaan.
Die man het dit herhaaldelik gedoen waarna die vrou op hom begin skree het.
“Terwyl haar aandag op hom was, het ’n ander man die voertuig se ander deur oopgemaak, en drie selfone uit die voertuig gegryp,” het Chaka gesê.
Beide verdagtes het gevlug.
Chaka het inwoners weer gewaarsku om ten alle tye hulle voertuig se deure gesluit te hou.
Die Herald het al voorheen berig oor dié modus operandi wat misdadigers volg. In twee ander gevalle het hulle vir insittendes beduie dat daar iets fout met hulle voertuie is.
Chaka het inwoners toe ook gewaarsku om liewer na ’n veilige plek te ry en daar seker te maak of daar fout met jou voertuig is al dan nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button