SportSport

Volkies se o.15’s mis net-net uit

Volkies se o.15A-krieketspan moes verlede Woensdag vir Centurion wen om hulle plek in die Finsbury A-liga finaal te bespreek. Volkies het ‘n puik seisoen agter die rug en het net teen Menlopark naelskraap met 3 lopies verloor. Dit was van die begin af duidelik dat die weer ook ’n sê in die wedstryd sou hê. …

Volkies se o.15A-krieketspan moes verlede Woensdag vir Centurion wen om hulle plek in die Finsbury A-liga finaal te bespreek.
Volkies het ‘n puik seisoen agter die rug en het net teen Menlopark naelskraap met 3 lopies verloor.
Dit was van die begin af duidelik dat die weer ook ’n sê in die wedstryd sou hê. Volkies het die loot gewen en Centurion gevra om te kolf.
Die openingskolwer Nic Alberts van Centurion, het 44 van 64 balle aangeteken voor hy deur Niël van Vuuren gestonk is van Ruben Crous se boulwerk. Hierna het slegs Jean Herman ‘n noemenswaardige bydrae van 41 (54) lopies gemaak voordat hy deur Wendal Osuala skoon geboul is. Centurion kon 204 almal uit aanteken.
Vir Volkies het Ruben Crous met 3/50 in 10 beurte die beste gedoen met die bal. Wendal Osuala en Stephan Fourie het elk ook 2 paaltjies geneem.
Volkies se kolfbeurt het moeilik begin met Niël van Vuuren (6) en Reuben Malan (4) wat vroeg uit is. Boonop is die spel deur reën onderbreek en is die nuwe Duckworth Lewis-teiken op 199 in 45 beurte gestel. Corné Prinsloo het gewys dat hy die speler vir die groot oomblik is en te midde van paaltjies wat gereeld geval het, het hy uiteindelik 96* van 120 balle aangeteken.
‘n Goeie 20* van Juan du Preez was egter nie genoeg om ‘n wen te verseker nie. Volkies het 198/8 aangeteken en die wedstryd het gelykop geëindig. Jean Herman van Centurion het 3/33 in sy 9 beurte geneem.
Volkies se o.15A’s het hulle deeglik laat geld in die Finsbury A-liga en het derde geëindig na Menlopark en Waterkloof. Volkies se eerstespan het met 5 paaltjies verloor teen Centurion op ‘n blad waar die verloor van die loot ook die verloor van die wedstryd was. Volkies se kolwers kon nie die mas opkom op ‘n baie moeilike blad nie. Centurion het die toestande goed benut en puik geboul.
Volkies kon slegs 76 lopies aanteken. Nieteenstaande die verloor, het Volkies daarin geslaag om hulle te laat geld in die A-liga met ‘n gelykop teen Waterkloof en oorwinnings teen Menlopark en Monument.

Volkies se veelsydige speler, Jannie Claassens, is hier op die kruin van sy boulaksie teen Hoërskool Centurion. Volkies het die wedstryd met 6 paaltjies verloor nadat hulle vir 76 almal uitgeboul is.
Volkies se veelsydige speler, Jannie Claassens, is hier op die kruin van sy boulaksie teen Hoërskool Centurion. Volkies het die wedstryd met 6 paaltjies verloor nadat hulle vir 76 almal uitgeboul is.

Mall

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button