NewsNews

Veiligheidsinstellings fnuik motordiewe

AfriForum se Klerksdorp-buurtwag het op 8 Maart saam met verskeie ander veiligheidsinstellings ’n gesteelde voertuig suksesvol help opspoor en aan die eienaar terugbesorg.

AfriForum se Klerksdorp-buurtwag het op 8 Maart saam met verskeie ander veiligheidsinstellings ’n gesteelde voertuig suksesvol help opspoor en aan die eienaar terugbesorg.

Die betrokke voertuig is omstreeks 18:30 by die Matlosana-winkelsentrum in Klerksdorp gesteel. Die verdagtes het aanvanklik na Vierfontein, en daarna deur Viljoenskroon, Parys en Sebokeng gevlug. Die SAPD en verskeie buurtwagte in dié dorpe is van die diefstal in kennis gestel en die Gauteng- en Noordwes-blitspatrollies is ook ontbied. Veiligheidsinstellings van nabygeleë dorpe, insluitend Fochville, Potchefstroom en Vereeniging, het ook bystand tydens die soektog gebied.

Die Gautengse blitspatrollie het die verdagtes in Sebokeng agternagesit en die gesteelde voertuig in ’n sloot tot stilstand gedwing. Die verdagtes het die voertuig verlaat, maar kon weens die bosagtige terrein nie opgespoor word nie.

“AfriForum wil al die betrokke partye vir hul hulp en bystand bedank. Samewerking tussen veiligheidsinstellings en die polisie is die sleutel tot die bekamping van misdaad,” sê Riechert van der Merwe, koördineer van AfriForum se Klerksdorp-buurtwag.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button