NewsNews

Karwag-hond gaan nou saam kan fietsry

’n Bekende gesig wat gereeld buite Boeremark of die NG Kerk Miederpark gesien word, is die van die vriendelike karwag, Neels Grobler.

’n Bekende gesig wat gereeld buite Boeremark of die NG Kerk Miederpark gesien word, is die van die vriendelike karwag, Neels Grobler.

Neels is nooit alleen nie. Sy viervoetige kameraad is altyd iewers in die omtrek. Neels en sy hond Meisiekind pas reeds sedert 2015 saam karre op.

Meisiekind en haar eienaar is onafskeidbaar. Hy het haar drie jaar gelede as ’n geskenk gekry toe sy nog ’n babahondjie was.

Nou draf sy al langs hom tot by die werk terwyl hy sy ou fiets trap. ’n Barmhartige Potchefstromer het Neels en sy hond raakgesien en begin om vir Meisiekind peuselhappies te gee.

“Ek is by die kerk verbonde en het besluit dat ons iets moet doen om die lewe vir Meisiekind makliker te maak,” sê Jacqueline Storbeck.

Aangesien Meisiekind daagliks kilometers agter Neels aan draf om by die werk te kom, het Jacqueline besluit om te hoor wie vir Meisiekind ’n sleepwaentjie kan maak om agteraan Neels se fiets te haak.

Verskeie mense het ingespring en probeer help met die maak van die waentjie. Hennie Roodt, Sasha van Wyk en Hanlie Jooste is die hoofborge wat help met die bou van die waentjie.

Die waentjie behoort teen Sondag klaar te wees. Neels sê dat hy baie dankbaar is vir die groot skenking en dat dit sy en Meisiekind se lewens baie makliker gaan maak. Hy vra wel of iemand ’n kombers vir Meisiekind kan skenk, want die winter is om die draai en die dae raak koud.

Jacqueline sê dat sy wil probeer om fondse in te samel vir ’n nuwe fiets vir Neels. Hy trap daagliks baie ver om by die werk te kom en sy fiets is reeds baie oud.

Enige iemand wat wil bydrae, kan Jacqueline by 076 952 2558 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button