NewsNews

Uit prop langs die Mooirivier

Potchefstroom se gunsteling inisiatief, Jou Ma Se Potch, wat hulself daaraan toewy om ’n verskil in Potchefstroom se kuns, kultuur en musiek te maak, bied Vrydag weer ’n geleentheid aan. “Uit prop langs die Mooirivier” is een van die lekker sosiale aksies wat deur Jou Ma Se Potch aangebied word. Hulle skep ’n platvorm vir …

Potchefstroom se gunsteling inisiatief, Jou Ma Se Potch, wat hulself daaraan toewy om ’n verskil in Potchefstroom se kuns, kultuur en musiek te maak, bied Vrydag weer ’n geleentheid aan.

“Uit prop langs die Mooirivier” is een van die lekker sosiale aksies wat deur Jou Ma Se Potch aangebied word.
Hulle skep ’n platvorm vir opkomende kunstenaars en om mense bymekaar te bring en musiek te bevorder.

Hierdie is ’n heerlike opelug kuier langs die rivier waar musikante hul instrumente en stemme kan gebruik om saam lekker akoestiese musiek te maak.

Almal is welkom om saam te sing en te speel, bring net eie verversings en eetgoed. Daar is braaiers beskikbaar vir die wat ’n vleisie op die kole wil sit.

Uit prop vind Vrydag 23 Maart om 17:00 by die Fanie du Toit sportterrein se braaiareas plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button