NewsNews

Die Paaskruis brand weer in Ottostraat

Na ‘n berig dat mev. Elmé Dreyer se Paaskruis na 22 jaar “geval” het, het dit weer uit die as “verrys.” Mev. Elmé Dreyer en haar kleinseun, Ryan-Wouter Dreyer, het weer dele van die Kers- en Paaskruis wat verlede jaar geval het, gebruik om ’n nuwe Paaskruis teen haar huis in Ottostraat 21 te bou. …

Na ‘n berig dat mev. Elmé Dreyer se Paaskruis na 22 jaar “geval” het, het dit weer uit die as “verrys.”
Mev. Elmé Dreyer en haar kleinseun, Ryan-Wouter Dreyer, het weer dele van die Kers- en Paaskruis wat verlede jaar geval het, gebruik om ’n nuwe Paaskruis teen haar huis in Ottostraat 21 te bou.
Die doringkroon en die rooi “stroplig” wat om die nuwe kruis is, is nog deel van die oorspronklike sowat 12 meter hoë bloekomboom-kruis wat nog van die familieplaas af gekom het. Die dorings wat gebruik is vir die kroon, is ook van dié plaas en is behandel, geverf en gebind met liefde, sweet en genade. Die kruis sal elke aand van 18:00 tot 21:00 brand.
Gesinne is welkom om met die kleingoed die wonder en mooi te besigtig.

Elmé Dreyer en haar kleinseun Ryan-Wouter Dreyer, wat haar gehelp het om die kruis op te rig. Ryan-Wouter Dreyer is oorspronklik van Engeland. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button