NewsNews

Inwoners kan verskil maak met herwinning

Inwoners kan self baie meer doen om die gemors van oopgeskeurde vullissakke minder te maak. Daar kom gereeld klagtes na die Herald oor vullis wat op sypaadjies rondlê nadat sakke oopgeskeur is om verkoopbare items te kry. ’n Paar inwoners met wie die Herald gesels het, sê egter hulle doen self herwinning om die probleem …

Inwoners kan self baie meer doen om die gemors van oopgeskeurde vullissakke minder te maak.
Daar kom gereeld klagtes na die Herald oor vullis wat op sypaadjies rondlê nadat sakke oopgeskeur is om verkoopbare items te kry.

’n Paar inwoners met wie die Herald gesels het, sê egter hulle doen self herwinning om die probleem te probeer aanspreek.

Renie Laage sê sy het twee vullishouers in haar erf. In die een plaas sy ’n deurskynende sak wat slegs gebruik word vir herwinbare materiaal en die ander vir onherwinbare vullis.

Herwin of sterf vir dié inwoners

“In die straat waar ek woon lyk dit of dit in die meeste gevalle dieselfde mense is wat verbykom om in die vullissakke na iets bruikbaar te soek.

“Ek laat bruikbare ou klere, artikels of kos in ’n aparte inkopiesak. Hulle weet dus die kos is eetbaar. Dis net soveel makliker om met dié mense saam te werk as om hulle te verskree, want dan raak hulle moedswillig. My sakke was die afgelope jaar nog net een keer geskeur,” sê sy.

Roelien Goede sê dat hulle ook self hul vullis sorteer. “Dan kan die herwinnaars die sakke vol herwinbare goed neem sonder om die nat vullis in die straat te laat. Dit werk nie altyd 100 persent nie.
Dit sal beter werk met deursigtige sakke, maar dit is duurder.”

DIY: how to make essentials out of ‘rubbish’

Sy sê dat die gemors buite hul huis baie minder geword het sedert hulle dit doen en hul kinders leer ook so om te herwin.

Volgens haar keur sy nie die oopskeur van sakke in die straat goed nie, maar mens moet verstaan dat die herwinbare vullis ’n inkomste vir baie desperate mense op straat is.

Linda Bothma stel voor dat sakekondernemings in Potchefstroom saamwerk en herwinningshouers plaas waar herwinbare produkte ingegooi kan word.

Herwinning: Van gemors na geld

Daar is inderdaad Potchefstromers wat hul brood en botter verdien deur in ander se vullis vir herwinbare items te grawe.

Behalwe dié mense is daar veldtogte in die stad om te herwin.

Santi Britz, wyksraadslid van die Bult, het onlangs hande met ’n herwinningsmaatskappy gevat om herwinning op die Bult toe te pas, maar na ’n week het dié projek platgeval, aangesien verskeie rolspelers nie hul samewerking gegee het nie.

Pick n Pay Van der Hoffpark is tans besig om ’n herwinningsprojek te ondersteun.
Met die projek word plastiese broodsakkie-seëls herwin om fondse in te samel. Dit word gebruik om rolstoele vir behoeftige mense te koop.

Behoeftes troef herwinning

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button