
Die winter is besig om stadig maar seker nader te kruip en die honde en katte in PAWS se hokke gaan die gemeenskap se ondersteuning net soveel meer benodig. Daar is verskillende maniere om PAWS te ondersteun en elke klein bydrae kan ‘n verskil maak in ‘n dierekind se lewe.
Hier is ‘n paar maniere hoe jy dié maand PAWS kan ondersteun:
1. Ondersteun PAWS se gholfdag
Op Vrydag 6 April hou PAWS hul tweede jaarlikse gholfdag ten bate van die honderde troeteldiere wat deur hul gesinne teleurgestel is. Die geleentheid word by die Landboukollege se gholfbaan langs die Potchefstroom Hospitaal gehou. Skakel Herman van der Sluis by 082 374 9983 om te hoor of jy nog jou span kan inskryf of ‘n watergat kan borg.

2. Woon Sold Out Sunday by
Op Sondag 8 April hou die Mystic Boer Potchefstroom ‘n fondsinsamelingsfunksie vir PAWS. Kom ondersteun PAWS deur ‘n glas wyn en ‘n pizza te geniet terwyl die gaskunstenaars Shared Address, goeie musiek verskaf. Ingang is R10 en gaan aan PAWS geskenk word. Bring ook honde- of katkos, komberse vir die winter of enige kou- of krapgoed waarmee die diere hulself kan besig hou.

3. Neem ‘n hond aan by PAWS
April is neem-‘n-hond-aan-maand by PAWS! Jy kan vir die hele maand ‘n hondekind gaan aanneem vir slegs R500. Dit maak nie saak watter grootte die hond is nie en die prys sluit in die sterilisasie, eerste inenting, ontwurming en mikroskyfie. Gaan besoek PAWS nou om jou nuwe beste maat te ontmoet.

4. Maak ‘n skenking of donasie
As jy nie by een van die bogenoemde kan uitkom nie, moet nie stres nie! Jy kan steeds ‘n verskil maak. Jy kan kontant skenk of enige iets wat die diere kan gebruik soos kos, komberse, bedjies, jassies en speelgoed aan PAWS skenk. Skenkings kan afgelewer word by 2 Viljoenstraat. PAWS se bankbesonderhede is soos volg:




