NewsNews

VIDEO: Slagting van Wildebeest nie in Potch

‘n Video wat wys hoe ‘n groep mense, wat met honde jag, ‘n Swart Wildebeest met ondermeer ‘n graaf slag is nie in Potchefstroom geneem nie. Dié video is vandag (25 April) op die Potchefstroom Facebookblad gedeel. Die persoon wat dit gedeel het, het mense gevra of enige iemand kan bevestig dat dit in Potchefstroom gebeur het. Alhoewel …

‘n Video wat wys hoe ‘n groep mense, wat met honde jag, ‘n Swart Wildebeest met ondermeer ‘n graaf slag is nie in Potchefstroom geneem nie.

Dié video is vandag (25 April) op die Potchefstroom Facebookblad gedeel. Die persoon wat dit gedeel het, het mense gevra of enige iemand kan bevestig dat dit in Potchefstroom gebeur het.

Alhoewel sommige mense gesê het, dat hulle van sulke tipe gevalle in Potch gehoor het, kon niemand bevestig nie.

Volgens Darren Kruger, voorsitter van Paws, het hulle dadelik ondersoek in gestel.

“Die Paws inspekteur het verskeie mense gekontak om te probeer uitvind wie die video geneem het,” het hy gesê.

Intussen het PAWS op ‘n Facebook inskrywing afgekom wat gister (24 April) opgelaai is. In dié inskrywing word daar genoem dat die voorval in die Oos-Kaap plaasgevind het.

 

 

Die Video is nie vir sensitiewe kykers nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button