NewsNews

“J.B. Marks nie ersntig oor veiligheid,” sê DA

“Die munisipaliteit is duidelik nie ernstig oor veiligheid nie.” So sê raadslid Jeanne Adriaanse.   Sy het onlangs in ’n verklaring gesê die taxistaanplek en Wandellaan is van die gebiede waar die meeste misdaad in die stad plaasvind, maar dat dit nie die aandag kry wat dit behoort te kry nie. Sy het vir fondse …

“Die munisipaliteit is duidelik nie ernstig oor veiligheid nie.”
So sê raadslid Jeanne Adriaanse.

 

Sy het onlangs in ’n verklaring gesê die taxistaanplek en Wandellaan is van die gebiede waar die meeste misdaad in die stad plaasvind, maar dat dit nie die aandag kry wat dit behoort te kry nie.
Sy het vir fondse aansoek gedoen sodat ligte en heinings by die twee gebiede opgerig kan word.
Volgens haar het sy met verskeie rolspelers gekonsulteer voordat sy gevra het dat dié opgraderings in die geïntegreerde ontwikkelingsplan ingesluit word.
Sy sê volgens die Munisipale Stelselswet moet ‘n munisipaliteit ’n veilige omgewing bevorder en word deur die wet verplig om maatreëls in plek te sit om die veiligheid van inwoners te verseker.
Volgens haar gaan die DA die waarnemende munisipale bestuurder, mnr. Cyril Henry, vra om dadelik daarvoor voorsiening te maak.
Sy sê die munisipaliteit het ’n totale verandering nodig.
* Teen druktyd het die munisipaliteit nie gereageer op die Herald se navrae hieroor nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button