NewsNewsBreaking News

Jongmense wat lawaai en laat waai – in Afrikaans!

Op 16 Junie vier ons Jeugdag ter herinnering aan die jongmense wat op daardie dag in 1976 opgestaan het teen ongeregtigheid en ongelykheid. Baie mense het daardie dag die hoogste prys betaal vir dit waarin hulle geglo het. In ooreenstemming met die aanhef tot die grondwet van Suid-Afrika is hierdie dag ongetwyfeld ’n huldeblyk aan …

Op 16 Junie vier ons Jeugdag ter herinnering aan die jongmense wat op daardie dag in 1976 opgestaan het teen ongeregtigheid en ongelykheid. Baie mense het daardie dag die hoogste prys betaal vir dit waarin hulle geglo het. In ooreenstemming met die aanhef tot die grondwet van Suid-Afrika is hierdie dag ongetwyfeld ’n huldeblyk aan veral die jeug wat geveg en gely het vir geregtigheid en vryheid in ons land.

Jeugdag gaan egter nie net oor die verlede nie, maar ook oor vandag en môre.

Dit is ’n viering van ons grondwet en die waardes, regte en vryhede wat ons vandag geniet. Dit is ’n huldeblyk aan almal wat gestreef het na ’n regverdige en demokratiese samelewing en dit gaan oor die toekoms waarvoor ons almal verantwoordelikheid moet neem.

Die gebeure in 1976 het ongetwyfeld gelei tot ’n nuwe generasie van doelgerigte en vasberade jongmense, wat vandag, ook in Afrikaans, gelykheid en vryheid koester en werk aan ’n land en samelewing waarin hulle en hul kinders kan gedy.

Met Jeugdag om die draai het Petronell Vorster en René Arendse namens Afrikaans.com met ’n paar jong Afrikaanse lawaaimakers gesels oor hul drome, idees, suksesse en die opwindende dinge wat hulle in Afrikaans doen.

Dit het kief geword om Afrikaans te wees. Nie lank gelede nie, kon jy om die dood nêrens ‘n T-hemp met ’n Afrikaanse slagspreuk op koop nie. Afrikaanse musiek het bestaan uit mense wat kyk hoeveel keer hul namekaar in een liedjie kan rym of jodel en fliek kyk in Afrikaans was iets wat ons ouers met heimwee uit hul kinderdae onthou het. Maar dinge het verander. Veral jongmense is nie meer skaam om hul drome in hul moedertaal na te jaag en uit te leef nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button