SportSport

Volkies klop Gimmies in rillerstryd

Volkies het vanmiddag (Saterdag, 16 Junie) vir Gimmies in die Virsekerbeker Noordwesliga halfeindstryd met ‘n skrale 35-33 geklop danksy die stut, Kobus Burger, se drie in die laaste 5 minute. Hierdie wedstryd het op Hoërskool Klerksdorp se velde plaasgevind. Die wenspan mag dalk dieselfde gewees het as in die vorige Classic Clash kragmeting, maar dié …

Volkies het vanmiddag (Saterdag, 16 Junie) vir Gimmies in die Virsekerbeker Noordwesliga halfeindstryd met ‘n skrale 35-33 geklop danksy die stut, Kobus Burger, se drie in die laaste 5 minute. Hierdie wedstryd het op Hoërskool Klerksdorp se velde plaasgevind.

Die wenspan mag dalk dieselfde gewees het as in die vorige Classic Clash kragmeting, maar dié wedstryd was hierdie keer 70 minute propvol spanning en intrige.

Gimmies het nog ‘n kans gehad om die wedstryd in verstreke tyd te wen, maar op die ou einde het Volkies se verdediging gehou om hulle plek in die eindstryd te verseker.

Gimmies het heel moontlik gedink dat hulle die wedstryd gewen het, toe Keegan Twigg vir sy tweede drie oor is met 10 minute speeltyd oor.

Ten spyte van Gimmies se desperate verdediging kon hulle nie Burger stuit nie. Volkies se losskakel, Stephan van Niekerk het die doelskop koel en kalm deur die pale gesit om sy span met 3 minute oor voor te laat loop.

*Lees meer oor hierdie wedstryd in komende Donderdag se Potchefstroom Herald.

 Punte:

Hoër Volkskool Potchefstroom: 35 (21)

Drieë: Colin Smart, André Smit, Gustav Erlank, Marno Prigge, Kobus Burger

Doelskoppe: Stephan van Niekerk (5)

Potchefstroom Gimnasium: 33 (19)

Drieë: Johatt Batsietseng, Billy Jacobs, JP de Lange, Keenan Twigg (2)

Doelskoppe: Johan Minnaar (2), Frank-Lee Jackson

Gimmies se Billy Jacobs was weer gevaarlik op die aanval vir sy span.
https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button