NewsNews

Stasiebevelvoerder kweek samewerking in Potchefstroom

Die Potchefstroom-polisie het onlangs hulle beleid oor samewerking versterk om misdaad te bekamp.

Die Potchefstroom-polisie het onlangs hulle beleid oor samewerking versterk om misdaad te bekamp.
Brig. Steven Moodley wat op 1 April as stasiebevelvoerder in Potchefstroom oorgeneem het, het destyds gesê dat samewerking die sleutel tot sukses is wanneer dit by misdaadvoorkoming kom. ’n Groep privaat sekuriteitsmaatskappye sowel as die NWU se beskermingsdienste, het verlede Woensdag ’n vergadering met brig. Moodley bygewoon.
Volgens hom is dit belangrik dat almal saamwerk. Die vergadering is die Vrydag deur ’n gesamentlike operasie opgevolg.


Dié operasie, wat saam met die plaaslike verkeersafdeling en die weermag se militêre polisie uitgevoer is, het om 10:00 begin. Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die operasie op die Bult en die Wandellaan gefokus.
“Sowat 20 mense is in hegtenis geneem vir die besit van onwettige dwelms, ’n onwettige besigheid se deure is gesluit en die verkeersafdeling het verskeie boetes uitgereik,” vertel Chaka. Die meeste van die boetes, wat in totaal sowat R23 000 beloop, was vir ongelisensieerde voertuie.

 

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/46891/partnerships-key-success-new-station-commander/

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button