NewsNewsSponsored

Etrisias Singer is nou jou een stop Elna verskaffer

Maak ‘n knoop in die oor vir Saterdag 1 September wanneer die bekendstelling van al die wonderlike Elna masjiene gaan plaasvind.

Etrisias Singer, wat nou al byna 30 jaar in Potchefstroom bestaan en bekend is vir alle naaldwerkbehoeftes, het nou soveel meer rede om naaldwerkliefhebbers se gunstelingwinkel te word.
Op 1 September stel Etrisias hul splinternuwe reeks van Elna naaldwerkmasjiene bekend!

Sinta Botha eienaar van Etrisias Singer speel lekker met een van die nuwe ELna naaldwerk masjiene.

Hierdie reeks masjiene kan enigiets, van basiese naaldwerk tot meer gevorderde kwil- of borduurwerk, doen.
Eienaar Sinta Botha het ’n leemte in die mark gesien en het dadelik besluit om dit met albei hande aan te gryp. Sy het net daar en dan besluit om Elna produkte ook aan die publiek te verskaf.
Die personeel by Etrisias is daar om die beste advies te kan gee oor watter keuse die beste sal wees.
Elke naaldwerkmasjien het ’n een jaar waarborg en gratis diens ter waarde van R450 by Etrisias.
Dit kom ook teen ’n baie billike prys, veral inaggenome wat hierdie wonderlike masjiene alles kan doen.
Elna masjiene begin by ’n intreevlak masjien wat Sinta aanbeveel vir ’n dogter op skool of ’n ander beginner wat ’n masjien wil koop.
Die masjien is die Sew75. Daarna kry mens een wat meer takies kan uitvoer en is bekend as die 120 of Lotus en Excellence 680.
Die volgende is meer gevorderde masjiene wat onder meer borduur- en kwiltwerk kan doen. Waaraan jy ookal dink kan dié masjiene doen.
Dié bul-reeks is bekend as die Excellence 780, 830 of die Explore 240.
Etrisias doen natuurlik, soos reeds al die jare, verstellings aan klere, verkoop materiale, patrone en garings en enige ander naaldwerkbenodighede.
Hulle diens ook alle naaldwerkmasjiene.
So, waarin kliënte ookal belangstel, of dit nou ‘n nuwe Elna of Singer is, of dalk ’n spesifieke patroon soek vir daardie nuwe somersrokkie, is Etrisias die plek om te wees.
Maak ‘n knoop in die oor vir Saterdag 1 September wanneer die bekendstelling van al die wonderlike Elna masjiene gaan plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button