EntertainmentNewsNewsSponsored

Is jy reg om jou sokkies af gerock to word

Hierdie fees beloof om een vir die geskiedenisboeke te wees, met ‘n “line-up” van kunstenaars soos Jack Parow, Francois van Coke, Chunda Munki, Van Pletzen, Bobby van Jaarsveld, Early B, Bittereinder en Robbie Wessels asook ‘n hele paar surprise acts wat die twee dae net soveel meer onvergeetlik sal maak. Potch se eie Winterglas en vele ander sal ook hul debuut maak. Die internet sensasies Katinka en Tjekit Kwagga sal saam die fees MC.

“Weet jy wat kort Potch?
‘n Rock Show met Afrikaanse, plaaslike, nasionale en talentvolle kunstenaars.”
Dit was die woorde van die organiseerders van Rocking Potch wat waar geword het.
Co Creative Concepts is ‘n maatskappy wat altesaam 18 feeste oor die land reël, met feeste soos die Diasfees wat jaarliks 80 000 voete lok, Cape Town Summer Festival wat 10 000 besoekers het en selfs die handelsmerk “Ek lief Afrikaans” besit. Die groep het lank met die konsep van ‘n Afrikaanse rock show gewerk en uiteindelik besluit dat Potch die regte tipe atmosfeer, moontlike feesgangers en ligging bied vir so ‘n tipe fees.
En so is Rocking Potch wat 7 en 8 September gaan plaasvind, gebore.
Hierdie fees beloof om een vir die geskiedenisboeke te wees, met ‘n “line-up” van kunstenaars soos Jack Parow, Francois van Coke, Chunda Munki, Van Pletzen, Bobby van Jaarsveld, Early B, Bittereinder en Robbie Wessels asook ‘n hele paar surprise acts wat die twee dae net soveel meer onvergeetlik sal maak. Potch se eie Winterglas en vele ander sal ook hul debuut maak. Die internet sensasies Katinka en Tjekit Kwagga sal saam die fees MC. Daar sal aktiwiteite soos beerpong aangebied word deur Budweiser, wat pryse aan wenners en toeskouers sal weggee.
Die organiseerders het ook saam met MVG nagklub in vennootskap getree en feesgangers kan by hulle kaartjies koop vir die geleentheid.
Die after party word ook beplan om by MVG af te skop.
Elke feesganger wat ‘n toegangskaartjie koop het die geleentheid om van elke boetiekbier wat die twee dae van die fees beskikbaar is, te proe. Net sodat jy seker kan maak jy kry vir jou ‘n groot glas van die regte smake. Buffelsfontein baard olie is ook een van die borge en feesgangers het selfs die geleentheid om vir Meyer le Roux self te ontmoet. Daar sal ook jou tipiese feeskosse beskikbaar wees, sowel as genoeg arts en crafts stalletjies om jou dag volmaak te maak.
Die fees word op die NWU se Joolplaas gehou en kaartjies beloop R250 vir ‘n naweekpas, wat alles van die naweek insluit.
So waarvoor wag jy? Besoek Computicket, MVG of skakel 072 895 4391 vir die fees wat Potch gaan skud.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button