NewsNews

Polisieman aangeval toe hy verdagte probeer deursoek

’n Polisieman van die Potchefstroom-polisie se honde-eenheid is Maandagoggend (27 Augustus) omstreeks 10:30 deur ’n 58-jarige man aangerand.

’n Polisieman van die Potchefstroom-polisie se honde-eenheid is Maandagoggend (27 Augustus) omstreeks 10:30 deur ’n 58-jarige man aangerand.
Volgens polisiewoordvoerder a.o. Mpho Manyoba het die polisieman die betrokke oggend op die hoek van Govan Mbeki-rylaan en Viljoenstraat gepatrolleer toe hy ’n verdagte man in die bosse daar naby gesien het. Hy het na die man gegaan en gevra of hy hom kon deursoek.
“Die man het ingestem en die polisieman het hom begin deursoek, maar terwyl hy besig was het die 58-jarige man losgetrek en die polisieman met sy vuiste begin slaan,” sê Manyoba.
Die polisieman se kollega het ook ingespring en gehelp om die man in hegtenis te neem.
Die polisieman het geen ernstige beserings opgedoen nie en ’n saak van algemene aanranding en aanval op polisie word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button