SportSport

Ysterman 70.3 Wêreldkampioenskappe in Potch atlete se visier

Op sy verjaarsdag gaan die plaaslike ysterman-atleet, Dawie Janse van Rensburg, tydens die komende Ysterman 70.3 Wêreldkampioenskappe in Port Elizabeth op 2 September sy bes probeer om ‘n ekstra kersie op sy koek te sit. Vir Janse van Rensburg gaan hierdie Ysterman-uitdaging ook ‘n spesiale en emosionele gebeurtenis wees, aangesien hy dié resies ook aan …

Op sy verjaarsdag gaan die plaaslike ysterman-atleet, Dawie Janse van Rensburg, tydens die komende Ysterman 70.3 Wêreldkampioenskappe in Port Elizabeth op 2 September sy bes probeer om ‘n ekstra kersie op sy koek te sit.

Vir Janse van Rensburg gaan hierdie Ysterman-uitdaging ook ‘n spesiale en emosionele gebeurtenis wees, aangesien hy dié resies ook aan sy ma opdra wat slegs ‘n maand gelede oorlede is.

Hy is wel nie die enigste Potchefstromer wat aan die 70.3 Ysterman Wêreldkampioenskappe gaan deelneem nie, met Japie Krüger, Dana Schutte, Dean Rosin, Audrey Liebenberg en Alisa Botha wat ook gaan deelneem.

Die vroue neem op Saterdag, 1 September deel, terwyl die mans op Sondag 2 September dié taai resies aandurf.

Van die wêreld se top atlete gaan aan hierdie 70.3 Ysterman-kampioenskappe deelneem en dit behoort ‘n skouspelagtige byeenkoms van die fikstes op die aardbol te wees.

“Elke wedloop wat ek doen, doen ek net wat ek moet en ek vertrou net dat ek nie ‘n besering of ‘n pap wiel kry nie,” noem hy nederig.

Van Rensburg is wel op goeie vorm die afgelope tyd nadat hy in Julie by die Wêreld Tweekampkampioenskappe in Odense, Denmarke ‘n derde plek behaal het onder vele ander puik vertonings vanjaar.

“My mikpunt was om top 10 by die kampioenskappe te kry, so ek was baie bly en verbaas toe ek derde kom.

So ek voel goed oor my voorbereiding vir die Ysterman hierdie Sondag,” noem Janse van Rensburg, wat ook by die Langafstand Wêreldkampioenskappe ‘n 5de plek behaal het vanjaar. Een van die belangrikste aspekte in die aanloop tot die Ysterman is natuurlik om elke afdeling (swem, hardloop en fietsry) goed onder die knie te kry.  Volgens Janse van Rensburg het hy juis ekstra tyd en oefening aan swem spandeer saam met die swemafrigter en mede driekampatleet, Zoli de Kock.

“Ek het my drie dae ‘n week se swemoefening na vyf dae geskuif omdat ek weet dat dit my swakker punt is. Ek moet steeds seker wees dat my fietsry en hardloop op ‘n sterk plek is.

Dit is belangrik om goed gebalanseerd vir elke item te wees.”

*Potchefstromers kan die aksie op Supersport 12 vanaf 1-2 September volg.

Foto’s: Verskaf

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button