NewsNews

Twee met gesteelde motor betrap

Die motor is na glo tydens ’n kaping in Benoni gesteel.

Twee verdagtes is Maandag 3 September met ’n gesteelde voertuig betrap.

Volgens polisiewoordvoerder, a.o. Mpho Manyoba, het die polisie ’n rooi Volkswagen in Nelson Mandelaweg voorgekeer nadat hulle kennis gekry het dat die motor as gesteel aangemeld is.

Die motor is na glo tydens ’n kaping in Benoni gesteel.

Die polisie het ook ’n sak met ’n ongeregistreerde pistool in die motor se kattebak gekry, sowel as ’n paar los 9 mm ammunisie en twee Toyota motorsleutels.

Die verdagtes is op aanklag van die besit van gesteelde eiendom, sowel as die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen in hegtenis geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button