
Twaalf mense is vanoggend (17 September) beseer toe ‘n taxi omstreeks 06:00 op die N12 gerol het.
Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici die taxi langs die pad aangetref.
Dit blyk dat mense uit die taxi, soos dit gerol het, geslinger is. Een vrou het kritieke beserings opgedoen. Sy is op die toneel behandel waarna sy na Potchefstroom hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Die ander elf mense wat in die ongeluk betrokke was het ligte tot matige beserings opgedoen.
Die polisie en verkeersdepartement was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



