NewsNews

Video: Luiperds verras “Coach Arend” met 22ste verjaarsdagpartyjie

Daar was vreugde in die lug toe die Luiperds Rugbyspan hulle grootste ondersteuner en “afrigter,” Arend van Wyk, se 22ste verjaarsdag saam met hom die afgelope naweek gevier het. Die Luiperds het ‘n verjaarsdagkoek in die vorm van ‘n rugbytrui, sowel as ‘n getekende foto en rugbybal as verjaarsdagpresente vir Arend gegee. Die grootste geskenk …

Daar was vreugde in die lug toe die Luiperds Rugbyspan hulle grootste ondersteuner en “afrigter,” Arend van Wyk, se 22ste verjaarsdag saam met hom die afgelope naweek gevier het.

Die Luiperds het ‘n verjaarsdagkoek in die vorm van ‘n rugbytrui, sowel as ‘n getekende foto en rugbybal as verjaarsdagpresente vir Arend gegee. Die grootste geskenk vir Arend was dat die Luiperds saam met hom sy verjaarsdag gevier het en ook vir hom gesing het: “Veels geluk liewe Arend omdat jy verjaar, mag die Here jou seën en nog baie jare spaar!”

Arend is al vir jare sinoniem met die Luiperds waar hy elke oefensessie en tuiswedstryd bywoon, en die span se sukses op sy mou dra.

Hierdie verjaarsdagpartyjie het by Seisoene in Potchefstroom plaasgevind.

Kyk die video hier:

Lees meer in komende Donderdag se Potchefstroom Herald.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button