Daar is geen tekort aan slegte nuus in Suid Afrika nie.
Plaasmoorde, verkragtings, babas wat op vullishope gelaat word, staatsinstellings wat geld steel en swak dienslewering.
Daar is ‘n gesegde wat in die joernalistiek wat sê: “If it bleeds it leads”. Dit beteken bloot dat mense te nuuskierig is om nie oor moord en doodslag te lees nie. Die publiek dink dit gaan uit en uit daaroor om meer koerante te verkoop of meer mense na jou webtuiste te lok. Die nuuskierigheid maak wel dat mense meer koerante koop, maar die media kan ook nie sulke nuus ignoreer nie. Die media kan ook nie maak of slegte nuus nie gebeur nie.
In Potchefstroom het die gemeenskap egter al ‘n paar keer gewys dat hulle waardering het vir goeie nuus!!
Die Herald het onlangs berig oor ‘n jong pa wat besluit het om self sy droomhuis te bou nadat hy besef het die regering gaan nie vir hom ‘n HOP (RDP) huis gee nie. (sien die berig onderaan)
Dié artikel het oor die naweek op die Herald se webtuiste die beste gedoen.
Verlede jaar het die Herald ‘n artikel publiseer oor ‘n matriekseun wat sy ouma saam met hom na sy matriekafskeid geneem het (sien ook hieronder). Dié artikel was ook die een wat in 2017 die meeste gelees is.
Mense is gewoonlik skaam om self die media in kennis te stel van die buitengewoon goeie of inspirerende dinge wat hulle doen. Die media is afhanklik van ander om hulle van sulke besondere mense te vertel.
Die Herald het besluit om moeite te doen om sulke mense op te spoor en te berig oor die mooi, geoeie of besondere dinge wat hulle doen. Dit kan wees om ander mense te help, diere te help, of enigiets wat die hart warm laat klop.
As Potchefstromers van nog mense weet wat iets buitengewoon of inspirerend gedoen het. Stuur vir ons die inligting na dustin.wetdewich@media24.com
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/54489/jong-pa-bou-dubbelverdieping-sink-paleis/
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/39927/gimmie-matriekseun-neem-ouma-na-sy-matriekafskeid/



