NewsNews

Buurman help om inbreker te vang

'n Vermeende inbreker is Dinsdagmiddag (4 Desember) omstreeks 14:00 met behulp van 'n inwoner se buurman en Mooirivier Beskerming in Klinkenbergstraat vas getrek.

‘n Vermeende inbreker is Dinsdagmiddag (4 Desember) omstreeks 14:00 met behulp van ‘n inwoner se buurman en Mooirivier Beskerming in Klinkenbergstraat vas getrek.

Volgens Leandro de Beer, ‘n beskermingsdienstebeampte by die NWU wat van diens af was, het gehoor hoe sy buurman in De Bussystraat se alarm afgaan.

“Ek het niks by my gehad nie maar het uit gehardloop,” vertel hy.

Die verdagte het oor die muur gespring waarna hy probeer vlug het. Intussen het Mooirivier Beskerming op die toneel gekom en saam met de Beer die verdagte begin jaag.

Kort nadat die jaagtog begin het, is die man in Klinkenbergstraat gevang. Hy is aan die polisie oorhandig wat hom in hegtenis geneem het. Die gesteelde goedere is in die verdagte se besit gevind.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, is ‘n traliehek en motorhuis opforseer. Die verdagte het juwele en ‘n horlosie gesteel wat aan die eienaar terug besorg is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button