NewsNews

Vryheidsfront gaan klag lê na BLF leier sê ‘wit mense gaan doodgemaak word’

Die Vryheidsfront plus beplan om Dinsdag (11 Desember) 'n klag van aanhitsing tot geweld by die Potchefstroom polisie in te dien.

Die Vryheidsfront plus beplan om Dinsdag (11 Desember) ‘n klag van aanhitsing tot geweld by die Potchefstroom polisie in te dien.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VryheidsFront plus, het die stappe aan die Herald bevestig.

Dit nadat die ‘Black First Land First’ (BLF) se leier Andile Mngxitama Saterdag (8 Desember) tydens ‘n byeenkoms by die Ikageng stadium gesê het dat “vir elke een swart mens sal ons vyf wit mense doodmaak.

Ons sal die kinders doodmaak, die vroue, hul honde en katte”

Maroela Media berig dat volgens BLF woordvoerder, Zanele Lwana, Mngxitama slegs op Johann Rupert se onderhoud op Power 98.7 waartydens hy glo gesê het dat hy die taxi-bedryf sal gebruik om hom  teen die EFF te beskerm reageer het.

“Vir elke mens wat deur die taxi-bedryf dood gemaak word sal ons vyf wit mense doodmaak,” het Mngxitama in sy toespraak gesê.

Volgens The Citizen, sê Mngxitama dat hy in die konteks van self verdediging gepraat en dat hy uit dié konteks misverstaan is.

Volgens The Citizen, sê Mngxitama dat hy in die konteks van self verdediging gepraat en dat hy uit dié konteks misverstaan is.

https://www.youtube.com/watch?v=rdZd7U-ghPA&t=1388s

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button