NewsNews

Sal BLF aan 2019 verkiesing kan deelneem na klagtes?

Beide die Vryheidsfront Plus en Demokratiese Alliansie het klagtes van haatspraak en aanhitsing tot geweld by die Potchefstroom-polisiestasie teen Andile Mngxitama en die Black First Land First (BLF) ingedien. Dit volg nadat Mngxitama tydens die beweging se verkiesingsafskop vir die 2019-verkiesing by die Ikageng-stadion sy ondersteuners aangemoedig het om wit mans, hul vroue, kinders en …

Beide die Vryheidsfront Plus en Demokratiese Alliansie het klagtes van haatspraak en aanhitsing tot geweld by die Potchefstroom-polisiestasie teen Andile Mngxitama en die Black First Land First (BLF) ingedien.
Dit volg nadat Mngxitama tydens die beweging se verkiesingsafskop vir die 2019-verkiesing by die Ikageng-stadion sy ondersteuners aangemoedig het om wit mans, hul vroue, kinders en diere, dood te maak. Volgens dr. Pieter Groenewald, leier van die Vryheidsfront Plus, sal die party in terme van die Wet op die Verkiesingskommissie, wat partye verbied om hulself skuldig te maak aan onaanvaarbare gedrag soos aanhitsing tot geweld, versoek dat BLF gederegistreer word as politieke party.
“Gegewe die huidige klimaat van rassepolarisasie in die land wat die ANC geskep het met rasdiskriminerende wetgewing en beleid soos onteiening sonder vergoeding, is dreigemente soos dié van Mnxitama so gevaarlik soos om vuurhoutjies in droë gras te gooi,” het Groenewald gesê.
Volgens Joe McGluwa, DA-provinsiale leier, het die party reeds ook klagtes by die menseregtekommissie en die gelykheidshof ingedien.
“Mngxitama se gevaarlike retoriek moet ten sterkste veroordeel en verwerp word, en die betrokke owerhede het die plig om teen Mngxitama en sy pseudo-revolusionêre beweging op te tree,” het McGluwa gesê.
Volgens hom behoort die polisie se ondersoek in die verband maklik te wees aangesien bewyse van Mngxitama se aanhitsing tot geweld goed in die openbare domein gedokumenteer is.
“Mngxitama moet vinnig vervolg word,” het hy gesê.
Volgens Groenewald kan politieke opstokers soos Mnxitama nie langer toegelaat word om rassehaat en geweld te verkondig sonder om tot verantwoording geroep te word nie.
“Die VF Plus sal daarom vordering met die polisie se ondersoek fyn dophou om seker te maak dat hy wel verantwoordelik gehou word vir sy kwaadwillige uitsprake,” het hy gesê.
Volgens BLF woordvoerder, Zanele Lwana, het Mngxitama slegs op Johann Rupert se uitlatings dat hy die taxi-bedryf sal gebruik om hom teen die EFF te beskerm, gereageer.
Mngxitama meen op Twitter dat hy in die konteks van selfverdediging gepraat het en dat hy uit dié konteks misverstaan is.
Mngxitama het by navraag gesê dat die hoop dat die BLF nie toegelaat sal word om aan die 2019 verkiesing deel te neem nie, belaglik is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button