NewsNews

Man gee voor hy werk vir brandweer om mense te besteel

’n Man wat homself as iemand voordoen wat vir die brandweer werk, is besig om mense op dié manier om die bos te lei en dan hul brandblussers steel.

’n Man wat homself as iemand voordoen wat vir die brandweer werk, is besig om mense op dié manier om die bos te lei en dan hul brandblussers steel.

Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die man na bewering op Donderdag 6 Desember ’n huis in Chris Hanistraat besoek. Die eienaar van die huis was tuis toe ’n man daar aangekom en gesê het dat hy van die brandweer is.
Hy het glo gekom om die vrou se brandblussers te toets. Die vrou het vir die polisie gesê dat die man glo die brandblussers geneem het om dit te laat toets en binne ’n halfuur weer sou terugbesorg. Toe hy die volgende dag nog nie die brandblussers terugbesorg het nie, het die vrou die brandweer geskakel om navraag te doen.
Die brandweer het haar ingelig dat die man haar mislei het en dat hy nie vir die brandweer werk nie. Dit is glo die vierde keer dat die man mense so om die bos lei en dan hul brandblussers steel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button