News

Kom ons praat tegnologie

Microsoft SA stel Potchefstromer as nuwe besturende direkteur aan; Vodacom SA ondervind afname in inkomste en Microsoft se Binge soekenjin glo in China verbied. Die Herald bring jou op datum met die nuutste plaaslike en internasionale tegnologiese nuus.

Microsoft Suid-Afrika stel Potchefstromer as nuwe besturende direkteur aan

ʼn Potchefstroomse vrou, Lillian Barnard, is onlangs aangestel as Microsoft SA se nuwe besturende direkteur. Barnard wat voorheen in Promosa gewoon het sal van 1 Maart 2019 dié posisie inneem.

Barnard was tot nou die direkteur vir die openbare sektor by Microsoft, maar gaan binnekort die huidige besturende direkteur, Zoaib Hoosen vervang.

Volgens ʼn artikel deur BusinessTech het Barnard in Mei 2017 as direkteur vir die openbare sektor by Microsoft begin werk.  Sy is dadelik as ʼn mootlike opvolger vir Hoosen geoormerk. Sy het meer as 20 jaar se ondervinding in IKT (Inligting- en Kommunikasietegnologie) en het in verskeie leierskapsposisies in beide Suid-Afrika en internasionaal gedien.

Die Herald gaan binnekort ʼn meer in diepte artikel oor Barnard publiseer.

Lees die oorspronklike artikel hier.

Lillian Barnard. Foto: BusinessTech
Lillian Barnard. Foto: BusinessTech

 

Vodacom Suid-Afrika ondervind afname in mobiele bel-, data- en boodskap-inkomste

Vodacom het in hul nuutste handelsverklaring gesê dat hulle ʼn afname in inkomste vir die tydperk wat op 31 Desember 2018 geëindig het, gevoel. Dié afname in inkomste is spesifiek vir hul mobiele bel, -data en -boodskapdienste.

Volgens ʼn artikel wat vandag (24 Januarie) deur MyBroadband gepubliseer is, het Vodacom SA se algehele diensinkomste met 0.9% gedaal. Die sellulêre diensverskaffer sê dit is as gevolg van hul kliënte wat tydens Desember verlede jaar optimale gebruik gemaak het van promosie-data wat deel van Vodacom se somerveldtog was.

Die inkomste van hul toestelverkope het ook met 1.3% gedaal. Vodacom sê dat dit weens die swak rand tot dollarwaarde is.

Vodacom SA se mobiele bel-inkomste het met 0.5% gedaal. Hul mobiele data-inkomste het met 0.4% gedaal en hul mobiele boodskap-inkomste met 10.9%.

Lees die oorspronklike artikel hier.

Foto: IT News Africa
Foto: IT News Africa

Microsoft se Bing soekenjin glo in China verbied

Microsoft se Bing soekenjin is, volgens ʼn artikel in The Verge, die nuutste Amerikaanse tegnologiediens wat nie in China gebruik kan word nie.

Internetverbruikers in China het van gister (23 Januarie) af begin kla dat die soekenjin cn.bing.com nie meer binne die land beskikbaar is nie. Die soekenjin is wel op die oomblik steeds beskikbaar vir mense buite China.

Die Financial Times het met anonieme bronne oor die kwessie gepraat en gehoor dat die staatsbeheerde telekommunikasie operateur China Unicom (China United Network Communications Group Co. Ltd.) bevestig het dat die bevel om Bing te blokkeer van die regering af gekom het.

Volgens The Verge is dit nog onduidelik waarom die soekenjin verbied is.

Lees die oorspronklike artikel hier.

Foto: VentureBeat
Foto: VentureBeat

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button