NewsNews

Brugtragedie – vierde leerder sterf in hospitaal

Die tragedie wat Vrydagoggend (1 Februarie) die Hoërskool Driehoek getref het, het nog 'n leerder van dié skool se lewe geëis. Marnus Nagel (16) het vroeg vanoggend (3 Februarie) in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Die tragedie wat Vrydagoggend (1 Februarie) die Hoërskool Driehoek getref het, het nog ‘n leerder van dié skool se lewe geëis. Marnus Nagel (16) het vroeg vanoggend (3 Februarie) in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Marnus was een van sowat 23 ander leerders wat in die tragedie beseer is en hospitaal toe geneem is. Van die leerders is nog in die intensiewe sorgeenheid. Die matriekleerder Roydon Olckers (17) en twee graad agt leerders Jandré Steyn (13) en Marli Currie (13) is Vrydag op die toneel dood verklaar.

Die tragedie het Vrydagoggend kort na saalopening by die skool plaasgevind. Leerders was besig om vanaf die skoolsaal na hul klasse te loop. Daar was verskeie leerders op die stoep toe ‘n groot betonblok van die loopbrug bo hulle, deur die struktuur op hulle geval het.

Ouers, leerders en personeel van die skool ontvang nou berading. Die skool is intussen tot verdere kennisgewing gesluit.

Hoewel ‘n ondersoek aan die gang is, is die vermoede dat roes van die struktuur waarop die betonblok was, die oorsaak van die tragedie is.

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/57456/hier-die-leerders-wat-hul-lewens-brugtragedie-verloor-het/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button