NewsNewsUpdate

HK-lede steeds na beweerde ontgroeningspraktyk geskors

Nege huiskomiteelede van Caput manskoshuis se skorsing is nie opgehef soos vroeër deur die universiteit besluit is nie.

Die nege huiskomiteelede van Caput manskoshuis se skorsing is nie op 31 Januarie opgehef soos vroeër deur die NWU besluit nie.

Volgens Louis Jacobs, direkteur van korporatiewe kommunikasie van die NWU, het die universiteit beplan om die saak te sluit en ń proses van herstellende geregtigheid te volg.

“Teen die agtergrond van nuwe inligting wat na vore gekom het, kan die saak nie afgehandel word soos aanvanklik aangedui is nie,” het Jacobs gesê.

Volgens hom is daar getuienis wat dui dat die statuut moontlik deur die studente oortree is.

“Daarom sal n dissiplinêre prosedure in ooreenstemming met die universiteit se reëls nou in werking tree,” het Jacobs gesê.

Die nege HK-lede is aanvanklik oor ń beweerde ontgroeningspraktyk geskors. Daar word beweer dat die verwarmers in die koshuis se ontspanningsaal aangeskakel is terwyl die eerstejaars daar binne gesit het.

Die NWU het aanvanklik besluit om die HK-lede se skorsing op 31 Januarie te lig. Die interim-komitee wat na die skorsing gestig is sal aanhou om die HK se pligte uit te voer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button