‘n Jong man (20) is gisteraand (1 Februarie) omstreeks 22:00 ernstig beseer na hy met sy motor in ‘n versperring in Thabo Mbeki-rylaan ingery het.
Ross Campbell, woordvoerder van ER24 sê brandweerdienste moes die man uit sy voertuig uit sny. Campbell sê die vermoede is die man het beheer oor sy motor verloor voor hy in die versperring ingery het.
ER24 paramedici het gevorderde noodhulp op hom toegepas voor hulle hom met ‘n ambulans na Mediclinic Potchefstroom vervoer het.
Polisie was op die toneel om die voorval te ondersoek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




