NewsNews

Bakleiery op Bult oor petrolgeld

'n Bakleiery het Donderdagaand (7 Februarie) omstreeks 20:00 by 'n petrolstasie op die Bult ontstaan nadat 'n man vir sy petrol met kleingeld wou betaal.

‘n Bakleiery het Donderdagaand (7 Februarie) omstreeks 20:00 by ‘n petrolstasie op die Bult ontstaan nadat ‘n man vir sy petrol met kleingeld wou betaal.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het die maatskappy ‘n panieksein ontvang waarna hulle na die perseel gereageer het.

“Die polisie was ook op die toneel gewees,” het Haefele gesê.

Volgens hom wou ‘n man met kleingeld vir die petrol wat in sy voertuig getap was betaal. Die petroljoggie wou dit nie aanvaar nie waarna ‘n bakleiery tussen die twee mans ontstaan het.

Die polisie het die twee mans na die polisiestasie geneem om die probleem daar te probeer oplos.

ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het by navraag gesê dat sy op ‘n latere stadium ‘n verklaring oor die voorval sal uitreik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button